Strawberry Hill Farm
Picture

ACCOMMODATION

BRINGING THE FOREST TO LIFE

STAY OVER
  • Home
  • About
  • Accommodation
    • Strawberry Hill Lodge
    • Forest Lodge
    • Jenny's Cottage
  • MTB
  • Activities
  • Blog
  • Contact
  • BOOK HERE

12/9/2021

N KORT OORSIG OOR DIE WERKNEMERS VAN STRAWBERRY HILL FARM

0 Comments

Read Now
 

​N KORT OORSIG OOR DIE WERKNEMERS VAN STRAWBERRY HILL FARM

​Strawberry Hill Farm, is, ongeveer 25km noord van Heidelberg. Die plaas is geleë aan die voet van die Langeberge met sy skoon natuur. Hier sal jy een van die oudste saagmeule vind wat beskik oor egte antieke masjinerie wat voorheen aangedryf was, nie deur elektrisiteit nie maar, deur n massiewe krag opwekker. Hierdie krag opwekker het ook krag aan die omliggende plase verskaf.
Die plaas voorsien werk aan 7 werknemers. Hulle moet toesien dat alles op die plaas seepglad verloop en dat dit goed instand gehou word. Die werk behels dat onderhoud aan waterlynstelsel, asook in en om elke huis en gastehuis. Dan is daar die baie belangrike bergfiets netwerk wat ‘n groot toerisme aantreklikheid is, wat ook goed instand gehou moet word. 
Picture
Figuur 1 (Van links): Andre, Danie, Saul and Tienie
​Ou Danie wat die 25 jaar vir die maatskappy werk is n Jack of all trades wat weet hoe elke masjien, groot of klein bedryf word. Boonop is hy n water fiskaal wat, sommer chop chop, enige lek of breek in ons water sisteem kan regmaak.
Dan is daar Tienie, Danie se broer, wat kort op sy hakke volg en wat baie lief is vir sy trekker en ook die John Deere grassnyer. Nog voor jy kan klaar praat is hy reeds op sy trekker en altyd gewillig om te werk.
Ou Andre, is nou ses jaar op die plaas en hy is die een wat die leisels neem asook belangrike besluite of beplanning doen. Hy moet die orde van die dag voorlê. Hy is ook die een wat van die begin af, die trails help bou het tot waar dit is vandag. Hy is ook baie betrokke met die organisasie van die werk.
Picture
Figuur 2 (Van links): Tinie, Danie and Andre
​Dan is daar Saul. Die nuutste lid van ons span. Hy is ook ‘n allrounder. Hy is een jaar by die maatskappy en is verantwoordalik vir die verfraaiing in en rondorn die geboue. Niks is vir hom onmoontlik nie. Hy sê altyd dat daar niks is wat in bietjie verf nie kan mooi maak nie - al is dit hoe geroes of verweer. Hy is ook verantwoordelik vir die mooi maak van die tuine wat dadelik enige een se oog sal trek.
Picture
Figuur 3: Saul
​Ndu is ‘n intern wat bietjie sy vlerke versprei het om te kom ondervind hoe dinge op die platteland verloop. n Bosbou student vanaf Swaziland wat sommer gou-gou geleer het hoe om met ons gereedkap te werk.Hy help met sosiale media en die gastehuise op die plaas. Gretig en gewilling is sy voornaam en tel dinge baie vining op.
Laastens is daar die twee dames, wat skoonmaak. Rachel en Pop, wat deeglik werk om seker te maak dat al die huise silwer skoon en gereed is vir die gaste. Saam, maak hulle n uitstekende skoonmaak span wat nie rus totdat alles silwer skoon is nie. Ook interessant, is Rachel getroud met Danie, en hulle is al dekades lojaal aan die plaas.
En so het elkeen sy eie talent, ongeag kwalifikasie. ’n Mens is nooit te oud om te leer nie. 
Picture
Figuur 4(Van links): Ndu, Rachel, Saul, Danie, Andre, Pop and Tinie
​GOOD, BETTER, BEST.
NEVER LET IT REST UNTIL YOUR GOOD IS BETTER AND YOUR BETTER IS BEST.

Share

0 Comments
Details

    Author

    Life in a forest in the mountains

    Archives

    December 2024
    March 2023
    September 2022
    July 2022
    June 2022
    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    January 2022
    December 2021
    November 2021
    September 2021
    June 2021
    April 2021
    March 2021
    February 2021
    November 2020
    October 2020
    August 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    March 2020
    April 2019
    February 2019
    September 2018
    May 2017
    April 2017
    January 2017
    August 2016
    July 2016
    May 2016

    Categories

    All

    RSS Feed

WE SUPPORT

WE'RE PROUD MEMBERS OF THE GROOTVADERSBOSCH CONSERVANCY

HOURS

ANYTIME WE'RE NOT ON OUR BIKES

Picture

GET IN TOUCH

PHONE/WHATSAPP:
​079 335 0269

EMAIL:
​info@strawberryhill
​farm.co.za

EVENTS






Copyright 2017-2019 www.strawberryhillfarm.co.za

  • Home
  • About
  • Accommodation
    • Strawberry Hill Lodge
    • Forest Lodge
    • Jenny's Cottage
  • MTB
  • Activities
  • Blog
  • Contact
  • BOOK HERE